gallery/little footprints original logo2

Daily Program

Daaglikse program

 

Elke klassie (3-6 maande, 6-12 maande, 12-18 maande; 18-24 maande; 2-3 Jaar, 3-4 jaar en 4-5 jaar) 

het n daaglikse program vir hulle spesifieke ouderdom wat gevolg word.  Die program word daagliks opgeplak in elke klassie.

 

Hier volg 'n voorbeeld van 'n normale dag:

3 – 12 Maande: 

07h00 – 8h30         Aankoms by skool en gesprek met ouers.  Gee aandag aan enige fisiese behoeftes wat individuele babas mag hê

 bv. Ruil doeke of klere om.  Gee pap of bottelvoeding indien nodig.

08h30 – 9h30         Geleentheid vir slaap.  Individuele vertroeteling en hantering

van babas wat wakker isIndividuele aktiwiteite soos vingerspeletjies, sing liedjies met ‘n religieuse inslag.

09h30 – 10h00       Ruil doeke om.  Gee voedings/versnappering soos nodig.

10h00 – 11h00       Individuele vertroeteling, hantering en aktiwiteite vir babas wat wakker is binne/buite *Massering

11h00 – 11h30        Daaglikse musiekblootstelling

11h30 – 12h30       Ruil doeke om.  Gee voedings soos nodig of middagete

12h30 – 14h00       Geleentheid vir slaap.  Individuele aandag aan babas wat wakker is.

14h00 – 14h30       Ruil doeke om.  Gee ligte verversings en voedings soos nodig.

14h30 – 16h30       Gee individuele aandag en vertroeteling aan babas.   Individuele aktiwiteite met geskikt speelgoed, vingerrympies,

kyk na prente, sing liedjies.  Indien die weer dit toelaat kan hulle na buite gaan.

16h30 – 17h30       Voorbereiding vir huistoe gaan.  Sorg dat die babas skoon en droog is. 

Pak klere en  bottels in sakke. Vertel vir die ouers van baba se dag!

 

NB: Onthou dat elke baba se behoeftes verskil en daarvolgens aangepas word!  Bogenoemde is slegs ‘n riglyn!